• Welkom by Toekomsleer            

    Aangebied en beheer deur BCVO.

    Visie:

    Die Beweging van Christelik Volkseie Onderwys (BCVO) streef daarna om ʼn ontwikkelende onderwysstelsel daar te stel wat ʼn kind die wêreld in stuur om met verantwoordelikheid sy Christelik Gereformeerde roeping in die samelewing te vervul.

    Missie:

    Die Beweging van Christelik Volkseie Onderwys verbind hom daartoe om saam met sy Onderwysvennote aan sy kliënte en nageslag ʼn omvattende wêreldklas onderwysdiens te verskaf.

    Deur Toekomsleer hoop ons om nie net CVO skole by te staan en te ondersteun nie, maar ook afstandonderrigleerlinge.

     

    Ter wille van ons kinders, tot Eer van God!


    Volg die skakel hieronder vir die BCVO webtuiste:

    http://www.bcvo.co.za


Site announcements

Welkom by Toekomsleer!

deur Hannes Jansen van Wyk -

                                               

Geagte leerlinge, ouers en onderwysers

'n Hartlike welkom op Toekomsleer, BCVO se eksklusiewe onderwysplatform!


Ons selfoonplatform is ook nou beskikbaar vir almal wat gretig is om Toekomsleer op die selfoon wil kry!

Volg asseblief die volgende instruksies om toegang tot Toekomsleer op u selfoon te kry:

Vir "Apple iPhone":

  1. Gaan na die "Apple App Store" en soek vir "Moodle". Kliek op installeer om die "Moodle" app te installeer. As alternatief kan u na die volgende link gaan:  https://apps.apple.com/gb/app/moodle/id633359593 

    

2.  Wanneer u die app vir die eerste oopmaak, sal u die volgende skerm sien: 






































3. Vul nou die volgende webadres in die spasie soos vertoon in die skerm hieronder::

    https://toekomsleer.gnomio.com

     


4. Kliek nou op "Connect". Die volgende skerm sal nou vertoon word waar u u die unieke gebruikersnaam ("Username") en wagwoord ("Password") moet insleutel om toegang te verkry.



5. U behoort nou toegang te verkry tot die volgende skerms:





Vir "Android" selfone:

  1. Gaan na die "Play Store" en soek vir "Moodle". Installeer die app op u selfoon:


2. Volg nou precies dieselfde stappe 2 tot 5 vir "iPhone" hierbo.


Kontak ons gerus by admin@bcvo.online indien u enige hulp verlang.


Vriendelike BCVO-groete

Die Toekomsleerspan

Toekomsleer is nou op Youtube!

deur Hannes Jansen van Wyk -

Geagte leerlinge, ouers en onderwysers


Ons is verheug om ons Toekomsleerkanaal op Youtube aan u bekend te stel:


https://www.youtube.com/channel/UCyOE-IEypGpaCGsv8b1dPhA/


Ons nooi u elkeen uit om op hierdie kanaal te "Subscribe" om te verseker dat u aankondigings ontvang vir nuwe videos wat opgelaai word.


Ons bedank ook al die onderwysers wat lesse met ons deel!


Vriendelike groete


Die Toekomsleerspan